Orania Oogkundiges en die Vryheidsfront Plus:
Daar is geen beter manier om die VF Plus, sy werksaamhede en sy roeping op te som nie, as die party se missie. Dit is artikel III van die party se grondwet:
‘Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) is onherroeplik verbind tot die verwesenliking van gemeenskappe, in die besonder die Afrikaner, se internasionaal erkende reg op selfbeskikking, territoriaal en andersins, die handhawing, beskerming en uitbouing van hulle regte en belange asook die bevordering van die reg op selfbeskikking vir enige gemeenskappe in Suid-Afrika gebind deur ‘n gemeenskaplike taal- en kultuurerfenis.’
Terwyl die bouwerk aan die werklikheid van selfbeskikking die grondslag vorm, is die VF Plus ononderbroke besig om die politieke deure oop te hou en die onderwerp op die politieke agenda te hou. ‘n Steunbasis van minder as 200 000 het dit nie maklik gemaak nie, maar 420 000 stemme word al ernstig opgeneem. Dink net wat ‘n miljoen kan doen!
Orania Oogkundiges is opgewonde om ons deel te doen om by hierdie miljoen stemme uit te kom. Ons is aan Orania se kant, en dit is tot Orania se voordeel om die VF Plus op elke moontlike vlak van regering verteenwoordig te hê.