Tariewe
Ons het nou ook ons eie besigheidsrekening by OSK waarin u direk kan inbetaal en maak gebruik van die d-Ora stelsel. Konsultasiefooie is onmiddellik betaalbaar na besoek. U kan kontant betaal, met ‘n bankkaart betaal of ‘n direkte oorbetaling van u selfoon af doen. Die konsultasiefooi hang af van wat u besoek behels. U kan die praktyk vooraf telefonies of per WhatsApp kontak om ‘n idee te kry van wat u spesifieke versoek naastenby sal kos. Oras is welkom! Met u besoek sal ons ‘n kwotasie volgens u spesifieke behoeftes uitwerk vir die plan vorentoe. Ongelukkig word geen afbetalings toegelaat nie. Brille word eers ingestuur en kontaklense word eers bestel, wanneer die volle bedrag betaal is. Geen medikasie sal op skuld uitgegee word nie.
Druk “Skakel” of “Stuur ‘n boodskap” indien u direk met die oogkundige wil gesels oor die tariewe of gaan lees self meer daaroor.