Orania Oogkundiges oor orgaanskenking:
Baie mense besef nie dat die finale sê as dit by Orgaanskenking kom by jou naasbestaandes lê nie. Dit is daarom baie belangrik is dat wanneer jy besluit om ’n skenker te word, jy jou keuse aan jou familie verduidelik en hulle vra om dit te respekteer die dag wanneer jy doodgaan. Dit is nie altyd ’n maklike onderwerp om oor te praat nie en dit is dikwels maklik vir hulle om nou in te stem daartoe, maar dit is soms ’n heel ander geval wanneer jy die dag doodgaan en iemand vir hulle vra of hulle jou organe kan gebruik. Daarom, selfs al is jy geregistreer as ’n orgaan- en weefselskenker, kan jou naasbestaandes weier dat jou organe en weefsel gebruik word.
’n Orgaanskenker kan 7 lewens red en selfs ’n verskil in 50 mense se lewens maak deur hulle organe en weefsel te skenk.
Wat doen ’n mens wanner ’n geliefde doodgaan en jy weet hulle wens was om hulle organe en weefsel te skenk? Jy kan die Organ Donor Foundation bel op 0800 22 66 11 (kantoorure) of 082 318 4376 (na ure).
Daar gaan waarskynlik vrae aan jou gerig word rondom die volgende inligting tydens die oproep:
– Naam van jou geliefde;
– Oorsaak van dood
– Tyd van dood
– Ouderdom van afgestorwene
– Is die afgestorwene in die hospitaal of by ’n lykshuis?
– Die area waar jou geliefde tans is
– Jou naam, kontaknommer en jou verwantskap tot die afgestorwe geliefde.
Hulle sal die inligting dan deurgee aan die naaste oorplantingsentrum en weefselbank en die sentrum sal jou kontak met verdere inligting.
Dis belangrik om te weet dat soliede organe soos jou pankreas, hart, longe, lewer en niere net geskenk kan word as jy breindood en op ’n ventilator in die hospitaal is. Weefsel soos been, vel, corneas en hartkleppe kan gebruik word as jy breindood en op ’n ventilator is of wanneer die persoon reeds dood en by die lykshuis is. Indien dit die geval is, sal iemand van die Weefsel- of Oogbank kontak maak met jou geliefdes.
Laastens kan jou liggaam kan ook geskenk word vir navorsing by universiteite. Na 2-3 jaar word jou liggaam dan veras en die oorskot word aan die familie gegee. Indien jy hierin belang stel, kontak gerus die universiteit van jou keuse of besoek hulle webtuiste vir meer inligting. Die volgende webtuistes bied meer inligting oor hoe om ’n skenker te word:
www.odf.org.za
www.tissuedonation.org.za
“Om ’n verskil in iemand se lewe te maak hoef jy nie briljant, ryk, mooi of perfek te wees nie. Jy moet net omgee.” – Mandy Hale
Orania Oogkundiges moedig u aan om na u oë om te sien. Jou korneas kan na jou afsterwe ‘n reuse verskil aan iemand anders se lewenskwaliteit maak.