Orania Oogkundiges en Orania Veiligheidsdienste:
Orania Veiligheidsdienste is ‘n instansie deur die dorpsraad van Orania geroep om die veiligheid van elke Oraniër asook die dorp te bevorder. Ons poog elke dag daarin om die gemeenskap van Orania te dien deur dienste soos veiligheid, basiese mediese ondersteuning, gesondheidsorg en inspeksies, asook veiligheid ten opsigte van verkeer (voertuie en fietse), brandbestryding en dierebeskerming.
Ons wil graag die gemeenskap veilig hou deur toe te sien dat reëls en wette soos deur die land bepaal en voorgehou word, onderhou en gehoorsaam word. Nie Orania of OVD is bo die wet nie, daarom poog ons by OVD om klagtes te hanteer deur dorpsreëls toe te pas en die uitvoering van die reëls deur die gemeenskap te oorsien sowel as die gevolge van wette en reëls wat nie onderhou word deur die gemeenskap eers intern in ons gemeenskap te hanteer. Deur dit te doen verseker ons nie net om die reëls buite die grense van Orania gehoorsaam word nie, maar ook die waardes en normes van ons Afrikaner voorvaders en ons Skepper.
OVD is ‘n hardwerkende en hegte span, met ‘n passie vir wat ons doen, maar ons sukses maak baie staat op die hulp van ons gemeenskap. Mede Oraniërs is welkom om by ons span aan te sluit as vrywilligers. Mense kan op meer as een manier by verskeie afdelings betrokke raak by OVD. Dit is juis ons vrywilligers wat ons in staat stel om ‘n gehalte diens te kan lewer. Mense buite Orania praat van die besonderse diens wat OVD en die gemeenskap lewer.
Ons is ook baie opgewonde oor die toekoms. In 2021 word ons nuwe veiligheidsgebou met wêreldklasgehalte toerusting en tegnologie in gebruik geneem. Dit beteken dat ons van die beste gehalte diens aan ons gemenskap kan lewer met behulp van die tegnologie. Die gebou spog met ‘n veiligheidsafdeling, medieseafdeling sowel as brandbestryding afdeling en beskik oor ‘n lugvleuel. Die gebou is simboliek daarvan dat Orania groei, ontwikkel en uitbrei. Ons toon vooruitgang ten spyte van wat mense sê en dink oor ons gemeenskap. Ons toon ook groei en ontwikkeling ten spyte van omstandighede wat Suid – Afrika deur 2020 gekruppel het.
Alhoewel Orania en sy inwoners ten alle tye OVD se hoof doel en fokus is, poog ons ook daarin om die mense van die omliggende streke by te staan en te help in tye van nood. Op die manier bou ons sterk bande met ons bure op die plase en maak ons die toekoms vir ons Afrikaners net beter en sterker.
Ongeag van wat mense mag dink of elkeen se individuele ervaring met OVD, is OVD ten slote daar om ons gemeenskap te beveilig. OVD is sinoniem met veiligheid en nooddienste. Ons poog om ons gemeenskap te bedien met geruste harte as dit by die veiligheid van elke man, vrou, kind en dier kom en ook om na die beste van ons vermoë ons dienste aan te bied in tye van nood.
OVD IS VIR JOU, ORANIA!
Orania Oogkundiges is dankbaar vir die bystand wat OVD elke dag aan ons gemeenskap verleen. Ons voel veilig by ons werkplek en weet dat ons enige tyd op hul knoppie kan druk. Dankie daarvoor, OVD!