Orania Oogkundiges en Orania skole:

Orania Oogkundiges het in sy vroeĆ«re bestaansjare in samewerking met Afriforum as borg (baie dankie aan Kallie Kriel en span!) jaarliks Orania se graad eens en nuwe leerlinge in Orania vir oogprobleme gesif. Omdat die skole teen ‘n geweldige tempo uitbrei, maak ons nadese meer staat op verwysings vanuit die klaskamers as op roetine siftings. Ons is egter altyd bereid om ‘n plan te maak waar dit nodig is.