Orania Oogkundiges en die Orania Dorpsraad:

Orania Dorpsraad is verantwoordelik vir dienslewering aan VAB-inwoners. Die dienste sluit in harde infrastruktuur soos paaie, water, voorsiening van elektrisiteit en baie meer. Orania moet egter ʼn plek wees wat lekker is om in te woon en daarom voorsien die Dorpsraad ook sagte infrastruktuur soos ʼn biblioteek, gemeenskapswembad en sportterrein en bied geleenthede soos die jaarlikse Karnaval aan. As die oudste grondentiteit in Orania en dus die een wat die verste ontwikkel het, hanteer die Dorpsraad ʼn aantal sake vir die ander Orania-grondentiteite soos goedkeuring van bouplanne, verblyfreg en oriëntering. Die Orania Dorpsraad bou trots aan die Afrikanerstad!

Orania Oogkundiges is net so trots om op verskeie terreine met die Dorpsraad saam te werk en van Orania ‘n lekkerder plek te maak.