Orania Oogkundiges en Orania Dieresorg:
Orania Dieresorg beywer hom vir die bevordering van dieregesondheid en -welstand binne Orania. Ons word uitsluitlik beman deur vrywilligers en ontvang geen vaste inkomste vanaf enige organisasies of strukture nie. Die gevolg hiervan is dat ons volkome afhanklik is van donasies vanaf weldoeners wat erns maak met die versorging van ons mak sowel as wilde diere. Ons is tans besig om infrastruktuur te skep wat sal insluit behoorslike honde- en katteskut want tans beskik Dieresorg nie oor enige permanente of vaste strukture nie en moet ons maar improviseer. Verder is die nood groot (en steeds groeiend) wat die behoefte na dieresorgfasiliteite betref.
Enige vrywilligers wat op enige basis wil betrokke raak – hetsy finansiĆ«el of in terme van arbeid, al is dit ook hoe klein – is welkom ons ons te kontak. – Arno Lamprecht
