Meer oor ons

Orania Oogkundiges het op 3 November 2014 sy deure by Stokkiesdraaipark oopgemaak en met die opening van OraMed in 2015, daarheen verhuis. Dr. Phillip en apteekster Maritza Nothnagel het OraMed onlangs na nuwe hoogtes geneem en Orania Oogkundiges het plek gemaak vir meer direkte mediese dienste wat ‘n groter apteek, noodkamer en prosedurekamer insluit.
Ons het die geleentheid gebruik om uit te brei en het by die Horison Nywerheidskorf ingetrek.
Karin Kemp is die oogkundige en eienaar van Orania Oogkundiges. Sy het haar B. Optom graad in 2005 aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) verwerf waarna sy ‘n nagraadse diploma in Sportvisie en toe ‘n Meestersgraad gedoen het. Sy het daartydens en daarna deeltyds met optomstudente by UJ gewerk terwyl sy by verskeie praktyke in Johannesburg en aan die Wesrand as lokumoogkundige werksaam was.
Vandaar het sy ‘n voltydse betrekking by ‘n besige praktyk aanvaar totdat die tyd om na Orania te verhuis en ‘n eie onderneming te begin, aangebreek het.


Henda Joubert is ons ontvangsdame en is al van OraMed se dae af ‘n bekende gesig by Orania Oogkundiges. Sy is ‘n pionier van Orania en haar jongste kinders is hier gebore en getoë. Henda ken die Oraniërs deur en deur. Sy is en bly ‘n aanwins vir die praktyk en dit is u voorreg om in die weeksoggende, hetsy telefonies of by die praktyk met haar paaie te kruis.
Bykomende hulp sluit Marlene van der Merwe en Sumari de Wet van LM Rekenmeesters en Carla Loots, ons webwerfontwerper en -administrateur in.