Orania Oogkundiges en Karoosig Aftreeoord:

Karoosig Aftreeoord bied n veilige, rustige en gesonde versorgingsomgewing aan bejaardes van verskillende ouderdomme wat op verskillende vlakke kan funksioneer. Hier word bejaardes se fisiese- geestelike-, psigiese- en gesondheidsbehoeftes aangespreek en veral wat hul mediese behoeftes aanbetref word geen moeite ontsien nie.

Mediese dienste wat tans aan bejaardes gebied word sluit in ‘n algemene geneesheer, oogkundige, tandarts, fisioterapeut en staatskliniekdienste. Karoosig beskik tans oor 2 opgeleide verpleegkundiges, 2 stafverpleegkundiges, ’n verpleegassistent, versorgers en hulpversorgers.

Karoosig se bestuur skakel direk met Orania Oogkundiges wanneer ons van hulp kan wees en ons doen moeite om hulle tegemoet te kom. Ons bied van tyd tot tyd spesiale aanbiedinge wat direk op bejaardes van toepassing is. Ons het ook ‘n rolstoeloprit laat installeer sodat ons bejaarde pasiënte nie die trappe hoef aan te durf nie.

Ander ondersteuningsdienste wat deur Karoosig se personeel aan bejaardes gebied word sluit in huisskoonmaak, wasgoed, haarkappers, inkopies, Orania Helpmekaar en sover moontlik ook insluiting by Orania se eiesoortige aktiwiteite bv die jaarlikse Geloftediens, Taaldagvieringe, bywoning van die Kaalvoetkonsert in Karnavaltyd en vele meer. Ons bejaardes is gelukkig, versorg en in goeie hande daar.